Terme


Hierdie is die Terme en Voorwaardes. Lees asb hier deur. Dit sal help om ons sessies seep glad te laat verloop.

1. BAIE BELANGRIK: Ek is nie 'n sielkundige, terapeut, psigiater of ‘n mediese dokter nie, ek is 'n Life Coach / Lewens Gids. Ek sal jou help om jou huidige realiteit te verander, maar raadpleeg asseblief die laasgenoemde gesondheids- praktisyns indien enige vorige ervaring jou vordering belemmer. 'n Forteinverteller sal meer behulpsaam wees vir toekomstige verwante probleme.

2. VERTROUE is die wagwoord. Alle inligting sal deur beide partye vertroulik gehou word. Dit is beide partye se verantwoordelikheid om die gedeelde inligting te beskerm en indien die behoefte ontstaan ​​om inligting met 'n derde party te deel, moet alle partye toestemming gee daartoe.
 
3.OUDERDOMSBEPERKING is 18! Wees voorbereid dat ‘n vorm van identifikasie op enige stadium aangevrae kan word.
 
4. DIE KOSTE vir ‘n coaching sessie word per sekonde bepaal teen ‘n koers van 3c (US sent) per sekonde of te wel $1.80 (USD) per minute. Enige verhoging sal ten minste 48 uur vooraf aangekondig word. 
 
5. MINIMUM KREDIET 
van $20 USD / $30 AUS moet in die rekening beskikbaar wees.

6. RAPPORTEER enige berekeningsfout binne 24 uur. ONTHOU Administratiewe navrae sal gratis wees indien dit invoice note formaat is en voorafgegaan word met die woord ADMIN
 
7. OORBETALINGS van fondse kan via Remitly gedooen word. Die link na die app is onder “GESELS”. Bank besonderhede sal direk verskaf word.
 
8. STEMNOTAS is die enigste form van kommunikasie. Geen text sal gelees word nie en geen telefoonoproepe sal beantwoord word nie.
 
9. STEMNOTAS kan ge-delete word en of oor opgeneem word, maar word as final beskou sodra ek dit geluister het.
 
10. DIE BEEINDIGING van hierdie kontrak sal wees wanner enige van die twee partye die woord "UNSUBSCRIBE" text. Die finale uitstande bedrag sal bereken word en die verskil sal terug betaal word.
 
AS JY INSTEM, STUUR NOU VIR MY 'N PIN LOCATION WAT SAL DIEN AS JOU ELEKTRONIESE-HANDTEKENING.