Quick Guide

Ons gaan van ons selfone gebruik maak en op WhatsApp werk. Die voordeel hiervan is, ons selfone is altyd by ons en al is daar nie sein nie, kan jy 'n recording maak en stuur, sodra daar sein is sal WhatsApp die boodskap uitstuur, maar ten minste is die gedagtes vasgevang voordat jy vergeet het wat jy wou sê.

Die eerste belangrike ding is om my inligting te laai in jou contacts: 
Coach Claudius nommer +1 317 533 3001 (Internationale Kliente)

Maak nou WhatsApp oop op ‘n nuwe boodskap en stuur vir my ‘n text boodskap:
1. Wie jy is. Bv Jan Veldskoen
2. Vanaf waar in Suid Afrika is jy? Bv. Velskoenvlakte
3. Vanuit watter land jy die boodskap stuur. Bv. VSA, Bismarck, North Dekota

Ek sal jou terug groet en daarna stuur ek vir jou die Terme en Voorwaardes (T&C’s) wat jy ook op die website kan kry. Daar is nie fynskrif nie, die plain en eenvoudig, lees asseblief deur. As jy happy is, stuur vir my ‘n pin-location. HOEKOM? 
1. Dis jou elektroniese handtekening was se ons het ‘n ooreenkoms.
2. Dit bewys jy is ‘n mens en nie ‘n robot nie
3. Jy verstaan Afrikaans.

Ek sal jou aanvaar as klient met 'n verwelkomingsboodskap. 

Daar is 5 belangrike woorde en hulle is die engste woorde wat in text formaat gebruik sal word

ADMIN – As jy enige admin vraag or query het, tik ADMIN en daarna neem ‘n voice note op met jou boodskap. Baie belangrik, ADMIN boodskappe het geen koste aan nie, INDIEN dit deur die woord ADMIN voorafgaan word.

COACH / GIDS – Wat is dit? As jy terug dink aan 'n jag op ‘n vreemde plaas. Die veldgids wys jou waar die bokke is maar jy is die een wat die skietwerk moet doen en jy is ook die een wat alleen in die foto staan saam met jou troefee, maar jy is ook die een wat die boer moet betaal as jy ‘n flyer geskiet het. So gidswerk is leiding en jy behou verantwoordelikeheid vir jou besluite.

CONSULT / ADVIES – Onthou jy die eerste keer toe jy gaan jag het. Jou pa of ‘n oom het heel moontlik saam gestap en jy het gedoen wat hy gesê het. Hy't vir jou spoor gesny, die wind gelees, hy het ook vir jou gesê waar om te skiet maar jy het nogsteeds die verantwoordelikheid geneem om die sneller te trek. So wanner jy uit jou diepte is en jy regtig geen ondervinding of antwoorde het nie, dan gee 'n adviseur leiding, maar jy moet daarvoor vrae.

PAUSE – Jy kan op enige tyd ons gesprek op hou sit. 

UNSUBSCRIBE – Dit is wanner ons uitcash. Dit kan jy enige tyd doen. Jy hoef ook nie 'n rede te gee nie. 

Daarna stuur ek vir jou ‘n reminder dat jy 15 min krediet in jou rekening het.

So hoe doen ons dit? 

Baie maklik. Jy besluit of jy coaching of advies nodig het. Jy text eers jou keuse en dan vertel jy my, in 'n voice note, wat pla.

Na jou boodskap ontvang is, werk ek die saldo uit en pos dit in teks formaat. Ek sal die oorblywinde balans gebruik om vir jou terug te antwoord.

Dit mag oorweldigend klink maar as ons eers aan die gang is sal jy sien dit is eindelik voor die hand liggend.

Moenie bekommerd wees oor die terme en voorwaardes nie, ek sal belowe om jou daaraan te herhinder, as jy my belowe jy sal dit nie persoonlik opneem nie. Good Deal?

Dis so maklik soos dit! 
Wat het jy om te verloor? Niks. 
Wat het jy om te baat? !!! Baie !!!